Babas en ander wilde gediertes
So begin die amptelike storie van Nina Kritzinger. Intussen, na so maand, kon sy darem al die tweede hoofstuk getiteld "Jippee, ek's by die huis" begin lewe. The word "congratulations" doesn't quite do the trick, but Johan, Gill & Hannah, its the best one we have for now. We're so glad for and with you!
Terug by ander wilde diere - Chrissie en al haar kroos het besluit die dieretuin is die beste plek vir hulle om in te pas. Toe gaan ontmoet ons en Zelda-en-kroos hulle daar. Hier onder is ek en E in die avarium.
En hier is die gespuis
Net toe ons dink ons kan nie wilder nie, word ons deur die Groblers genooi na Leeupoort, tussen Tzaneen en Warmbad vir 'n (korterige) naweek. Tussen die bosveldbome, zebra's, bosvarke (om nie van die gediertes hier onder te praat nie!) kon ons lekker terugsit, kuier, rondloop, fietsry, maar overall ontspan. Dankie pa en ma. Advertensieflits vir belangstellendes: Met slaapplek vir 9 in 'n ekslusiewe vakansie-bosvelddorp, hoeveel sou jy verwag om te betaal??? R300! kontak ons (of beter Dirk Grobler) vir meer inligting.
'n Deel van Leeupoort is heeltemal onbebou en 'n wildtuintjie waar mens kan rondloop en alles bekyk.
Voordat my dierbare ma oor na die Skotte is, het Annika goedgunstelik haar bed beskikbaar gestel dat p&m by ons kan oorslaap. En berg toe moes ons o.a. maar weer. Annika was boots (&rokkies) en all saam, terwyl oupa en Eduan maar die pad vir ons moes wys.
Party het n onregverdige voorsprong van voelvere en koekies gehad wat hulle die berg uitgedra het
maar almal kon dit darem maak.
die ouma het selfs kans gesien vir die ekstra myl agter die klipspringer aanHei, dis mos nie ons berg nie. Ja, tussen my en my vrou was daar 'n berg. Tafelberg. Vir 'n week lank moes ek die kinders op die regte strategiese oomblikke van Mamma laat vergeet of laat onthou terwyl sy vir n kursus Kaapstad grys verf en by lankverlore familie en vriende kuier.
En almal van hulle kry omtrent babas. Eers een aand kuier sy by Tukkie-vriend Carl-J. En net betyds, want 2 dae later is daar 'n baba Ruth Richmuller. En vrind Gerrit bel my een oggend en vra dat Petra liefs nie na hul huis moet kom die aand nie. Aden het gekom in al sy gloria. Gelukkig kon P toe die dag daarna sommer by die hospitaal inloer en 'n kuiertjie steel voor 'n kuier by nig Surita. As julle dink daar is bietjie baie hare in die foto hier onder, moet julle maar dankie se dat ek die een van Ger-bosaap met sy kaalbolyf nie hier gepubliseer het nie. Ek was bang ek word voor die Google-raad aangemeld. Baie geluk aan die Vans. Ons kan sien die kleineman bring al klaar baie vreugde.
Voordat my lief terugkeer, ontaard sy toe in n fotograaf. Le skoon op haar maag en knoppies druk terwyl die beskaafde Kapenaars uit die koffie-shop haar nuuskierig beloer. Toe kry hulle darem ook hulle toeriste-attraksie. Pragtig ne.
Om haar gesin te troos in ons verlange bring sy toe darem Meerenhof-bottels en 'n Tinkerbell-fairy terug uit die land van wyn en sprokies.Ai, ek weet dit was nou n spul fotos. Mar dis darem vir ons ook n lekker persoonlike dagboek die. As dit n preek was moes ek al amen gese het, maar nou se ek maar "Om mee af te sluit, my volgende voorblad wat ek gehaal het vir ons kerk se maandblaadjie". Vir al die babas, mammas, pappas en ongediertes: Go well.
Engele rondom ons
Laat ek nou maar eerlik wees: Ek het nog nooit ‘n engel gesien nie. Behalwe as my liewe vrou as een sou tel, maar dis seker nou nie die soort engel wat die leser van Wondernuus [en van hierdie blog, okei!] ingedagte sal wil hê nie. Ek praat nou van die soort wese wat skielik aan Maria verskyn het met ‘n “Ek bring vir jou goeie nuus!”. Of saam met Daniël se vriende in die 7 maal warm vuur. As ’n engel verskyn het, het mens geweet dat daar ’n groot ding aan die gebeur is. Maar eerlik? Dit kan wees dat daar engele rondom my is, maar sover ek kan agterkom is dit wraggies nie hulle wat bepaal watse tipe dag ek het nie. Hulle is vir my onsigbaar – jammer om te sê.
As sy haar oë op skrefies trek, sê Lena, kan sy net-net vlerke op party mense se skouers sien.
Wow.... Tog nie ’n vreemde gedagte vir die Bybel nie. As Abraham se vrou haar oë maar net op skrefies getrek het, sou sy maar liewer haar lag vir haarself gehou het toe daardie man ’n babatjie vir haar belowe (Gen 18:9). Dit kon nogal vernedering spaar! En net ’n hoofstuk later is dit Lot se beurt:
Met sending en getuienis wat ’n ekstra fokus kry in Septembermaand kan ons dit dalk nog ’n stappie verder vat. Is ons engele vir die mense rondom ons? Hoe hard moet die wêreld hulle oë op skrefies trek voordat hulle my vlerke sien en God se goeie boodskap hoor?
Labels: dieretuin, engele, Leeupoort, mountain view