Een jaar oud en ander dinge
Al amper 'n maand na lee beloftes van vroee opdaterings. Belofte nr een: 'n Grobler familiefoto met die eenste Narike wat toe nog langer in hierdie land moes bly as wat sy gedink het. Kamera, pasop vir die hond!
Belofte nr 2: In Clarens tussen die herfsbome
Wat 'n lieflike laangnaweek. Die kinders raak op tye selfs so dat mense hulle kan vergeet. In daar kry Eduan toe sy eerste eerste verjaarsdag van 3. Maar elke keer het hy op 'n karretjie-koek aangedring - wel verskillende modelle. Die model hier onder is juis 'n Grobler Centurion Volla 2007.
Terug by die huis
loop die liefde voort - sal iemand my solank 'n haelgeweer leen en lesse gee asb. As die buurseuntjie eers so raak....

Toe onthou my liewe vroutjie ook dat A se doopdag een dag voor E se verjaarsdag is. En die aand van 9 Mei oorhandig ons toe vir haar 'n boekie en ...... trippel-trippel vir verrassing.... "'n doopkers" -

En toe's dit natuurlik die karnallie se genuine verjaarsdag - groot pret, maar teen hierdie tyd smaak 'n tyre-koekie soos 'n tyre koekie